Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Wie is ek?" deur MATTHEWS PHOSA
"Wie is ek?" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #9645] So, 01 Junie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WIE IS EK?
Matthews Phosa

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die kneg van die immigrant;
hy wat my verniel en verwoes,
op my spoeg met wette
wat my soos kanker laat verval.

Wie is ek in my geboorteland?
My oupagrootjie was 'n kaffer,
my oupa 'n naturel,
ek is vandag 'n bantoe,
my seun wat de hel?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die mees onderdrukte,
die mees gekulde,
die mees ontroue -
die mees gevreesde "vyand."

Ek sou aanneem dat 'n mens eers met 'n
tweede bundel sal kan sien of hy werklik
'n digter van formaat is.
gloudina
Vorige onderwerp: " 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: "Heloise" deur SHEILA CUSSONS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 20:52:49 MGT 2024